Baie kos, min moeite, minder skottelgoed. Wie sal dan nee kan sê?
Bestanddele
- 1 rooi soetrissie
- ½ kop brokkoli
- 10 sampioene
- 2 wortels
- 150 g groenboontjies
- 3 murgpampoentjies
- 1 ui
- 3 vlapampoentjies
- ½ (400 g) botterskorsie
- 4 e olyfolie
- sout en peper na smaak
- 1 x pak hoenderstukke
- 5 roosmaryntakkies
- 150 ml olyfolie
- 1 t knoffelpoeier
- 1 t paprika
- 1 t sout
- 1 t peper
Metode
- Sny al die groente op in hapgrootte stukke en plaas dit in ʼn groot oondbak of -plaat. Sprinkel die olyfolie oor en geur met sout en peper.
- Pak die hoender rou op die groente.
- SOUS: Meng al die bestanddele saam en smeer dit oor die hoenderstukke. Jy kan dit bietjie met jou vingers of ʼn kombuiskwassie invryf.
- Pak die roosmaryntakkies op die plaat. Bak vir 40 minute teen 180 °C en sit warm voor.
Toevallig hierdie resep raak gesien en daarop gekliek want dit lyk lekker. Vegetariese geregte met hoendervleis. So die vegetarieërs cheat ook maar lekker nè :-)
Vegataries? Ek glo nie! Behalwe as jy die hoender weglaat en die sous oor die groente gooi.