Hierdie kaasbal is perfek vir wanneer jy ʼn klomp mense onthaal.
Genoeg vir sowat 20 mense
Bestanddele
- 2 x 230 g-houers roomkaas
- 100 g gedroogde bosbessies
- 1 k cheddarkaas, fyn gerasper
- 100 g pekanneute, gekap
- 20 g grasuie, gesnipper
Metode
- Meng al die bestanddele saam in ʼn mengbak.
- Skep alles op kleefplastiek uit en vou dit toe. Vorm ʼn ronde bal met jou hande.
- Verkoel die kaasbal vir 1 uur in die yskas.
- Haal dit uit, trek die kleefplastiek af, en bedien met soutbeskuitjies.
- Opsioneel: Sprinkel nog pekanneute en gedroogde bosbessier oor vir versiering.
Resep: Janie Monsieur
Sjoe! Dit lyk feestelik!
Waar kry mens bosbessies?
…….inni bos…….?
Bosbessies is cranberries as ek dit nie mis het nie. Enige winkel wat neute verkoop behoort dit aan te hou.