Soorte resepte:

Resep-video: Keurige kaasbal

Keurige kaasbal (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie kaasbal is perfek vir wanneer jy ʼn klomp mense onthaal.

Genoeg vir sowat 20 mense

Bestanddele

  • 2 x 230 g-houers roomkaas
  • 100 g gedroogde bosbessies
  • 1 k cheddarkaas, fyn gerasper
  • 100 g pekanneute, gekap
  • 20 g grasuie, gesnipper

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam in ʼn mengbak.
  2. Skep alles op kleefplastiek uit en vou dit toe. Vorm ʼn ronde bal met jou hande.
  3. Verkoel die kaasbal vir 1 uur in die yskas.
  4. Haal dit uit, trek die kleefplastiek af, en bedien met soutbeskuitjies.
  5. Opsioneel: Sprinkel nog pekanneute en gedroogde bosbessier oor vir versiering.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Riana ·

Bosbessies is cranberries as ek dit nie mis het nie. Enige winkel wat neute verkoop behoort dit aan te hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.