sowat 8 vetkoeke
Bestanddele:
280 g (500 ml) koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml botter
250 ml melk
sowat 500 ml sonneblomolie
Metode:
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarby in. Voeg melk by en meng goed. Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om te toets of dit gereed is. As die deeg mooi stadig bruin braai, is olie reg. Onthou om die temperatuur laer te draai wanneer die vetkoek begin verbruin. Dit braai sowat 10 minute om dwarsdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier.
Sit voor saam met botter en gouestroop.
Gaan somer nou maak.
Yummie! Gaan dit moet probeer!
Gaan beslis uitprobreer!!!
Ek ken hierdie resep SO goed!! Baie lekker, dankie vir die plasing. Gaan dit nou vinnig in my resepte leer oorplaas sodat ek daarvan kan onthou! Lanklaas gemaak. Nog lekkerder met kaas en stroop!
Ag twak dit vat nie 10min om een vetkoek te diepbraai nie , dit vat 2 min, en die deeg moet eers rys, die resep sal beslis ”””””n vlop uit kom ek weet ek bak vetkoeke al jare
Ek praat onder korreksie, maar maak die gebruik van bakpoeier i.p.v. gis dit nie onnodig dat die deeg eers moet rys nie? Ek glo 10min op n groot vetkoek sal maak dat hy lekker deurgaar is en nie n FLOP (!!!) sal wees nie.
die resep sal verseker ‘n vlop uitkom, dit vat 2 min om een vetkoek te diepbraai, en die rys moet +- eers staan om te rys voor dat dit gebraai kan word. ek weet ek bak vetkoeke al jare.
SOOIBRAND se baas