Soorte resepte:

Vetkoek

sowat 8 vetkoeke

Bestanddele:
280 g (500 ml) koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml botter
250 ml melk
sowat 500 ml sonneblomolie

Metode:
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarby in. Voeg melk by en meng goed. Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om te toets of dit gereed is. As die deeg mooi stadig bruin braai, is olie reg.  Onthou om die temperatuur laer te draai wanneer die vetkoek begin verbruin. Dit braai sowat 10 minute om dwarsdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier.
Sit voor saam met botter en gouestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sue van Wyk ·

Ek ken hierdie resep SO goed!! Baie lekker, dankie vir die plasing. Gaan dit nou vinnig in my resepte leer oorplaas sodat ek daarvan kan onthou! Lanklaas gemaak. Nog lekkerder met kaas en stroop!

m.g ·

Ag twak dit vat nie 10min om een vetkoek te diepbraai nie , dit vat 2 min, en die deeg moet eers rys, die resep sal beslis ”””””n vlop uit kom ek weet ek bak vetkoeke al jare

GClaassen ·

Ek praat onder korreksie, maar maak die gebruik van bakpoeier i.p.v. gis dit nie onnodig dat die deeg eers moet rys nie? Ek glo 10min op n groot vetkoek sal maak dat hy lekker deurgaar is en nie n FLOP (!!!) sal wees nie.

m.g ·

die resep sal verseker ‘n vlop uitkom, dit vat 2 min om een vetkoek te diepbraai, en die rys moet +- eers staan om te rys voor dat dit gebraai kan word. ek weet ek bak vetkoeke al jare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.