Soorte resepte:

[Video] Eetgerei wat jy kan eet!

Bakey's eetbare eetgerei

Bakey’s eetbare eetgerei

Weggooibare eetgerei het sopas ʼn nuwe (groen) baadjie aangetrek danksy dié eetbare eetgerei van Bakey’s.

Tot redelik onlangs was plastiek eetgerei die enigste oplossing wat ons gehad het vir weggooibare eetgerei, maar Bakey’s in Indië het nou met ʼn splinternuwe oplossing vorendag gekom: wat daarvan as jy jou koffie kon roer en dan die lepeltjie kon eet?!

Narayana Peesapaty het Bakey’s in 2011 in Indië gestig om alternatiewe tot plastiek eetgerei en bamboes eetstokkies te verskaf.

Die eetbare eetgerei, in die vorm van ʼn lepel, word gemaak van verskillende tipes meel en dit bevat nie enige bymiddels of preserveermiddels nie. Volgens Bakey’s word die eetgerei boonop van sorghummeel gemaak, wat tot 60 keer minder water gebruik as rys.

“As jy dit nie wil eet nie, kan jy dit eenvoudig weggooi,” verduidelik Bakey’s op sy webwerf. “Insekte, voëls of rondloperdiere sal dit vinnig verslind of dit sal binne drie tot sewe dae natuurlik afbreek.”

Die raklewe van dié lepels is ongeveer 18 maande en ondersteuners van die Ketto-skarefinansieringsveldtog sal waarskynlik in Mei hul eerste bestellings ontvang.

Daar is ook ʼn veldtog op Kickstarter waar jy ongeveer $10 vir 100 lepels betaal, of $24 vir 500 lepels.

Lees meer: Bakey’s, Kickstarter
Kyk gerus ook na die TEDxVITVellore-video heel onderaan waar Peesapaty meer vertel oor die lepels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

JA JA JA!!! Doen asb baie baie navorsing tot ons geen skottelgoed mee hoef te was nie – asseblief hoor!

Eliza-beth ·

Mens kry eetbare roomysbakkies – tewonderlik! Binnekant of met sjokolade lagie of met karamel lagie bedek en ek het laasjaar ‘n familiebyeenkoms gehad en dit gebruik – almal was gek oor dit; gesmul aan die roomys en toe sommer die bakkie geëet. Nou moet ek net so lepeltjie ook kry dan is daar niks skottelgoed wat poeding aan betref nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.