Soorte resepte:

Video: Feeskos in oorvloed op Aardklop 2018

Feesgangers vertel van watter kos hulle die meeste hou (Foto: Skermgreep uit die video)

Potchefstroom klop omtrent met al die feesgangers wat hierdie jaar die Aardklop Nasionale Kunstefees bywoon. Mense is jolig, die biertent is vol en kunstenaars staan gereed om oud en jonk te vermaak.

Een van die belangrikste dele van enige fees is natuurlik die eetgoed. Hierdie jaar was daar op Aardklop se eerste dag reeds 30% meer voete deur die hekke as dieselfde tyd verlede jaar. Elke feesganger moet eet, maar gelukkig kan jy van verskeidenheid vir Aardklop niks vertel nie. En met sowat 50 kosstalletjies om van te kies is daar sowaar iets wat elke liewe feesganger se smaak sal prikkel.

Die geure van gekaramelliseerde neute, oliebolle, vis en skyfies, potjiekos, roosterkoeke, pizza en boerewors-rolletjies hang in lug en laat jou mond water soos jy deur die stalletjies stap. Wanneer jy dinge van naderby bekyk sal jy ook heerlike fudge, snye koek, stroopwafels, slush puppies, aarbeie en room, roomys en klapperys raaksien.

Maroela Media het vir Aardklop-feesgangers gevra wat hul gunsteling-feeskos is. Kyk hier wat hulle gesê het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ruby ·

Kobus se Gat se roosterkoek met kerrie afval is beter as moedersmelk!!

Stan ·

Aarklop maar baie afgewater die jaar. Die enigste kindervriendelike verhoogstuk gaan kyk en die taal was erg! So jammer alle vertonings is gemik op volwassenes. My 12 jarige dogter wat graag vertonings wou kyk kon slegs 1 kyk!

Osie ·

Aardklop was baie stiller as vorige jare….en baie polities. twyfel of ek weer sal kom….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.