Soorte resepte:

[Video] Hamburgerdag: Maak die beste burger ooit saam met Suzelle

Suzelle DIY en Marianne (Foto: Facebook via Suzelle DIY)

Suzelle DIY en Marianne (Foto: Facebook via Suzelle DIY)

Boul jou familie en vriende uit op Nasionale Hamburgerdag hierdie Saterdag met Suzelle DIY se hamburger-truuks en -resep in haar jongste video.

Nasionale hamburgerdag word elke jaar op 28 Mei gevier.

Die webwerf, daysoftheyear.com, sê burgers is ʼn gunsteling onder Suid-Afrikaners. “Die nederige hamburger is ʼn stapelvoedsel van die Westerse kultuur. Burgerrestaurante en wegneemplekke bedien daagliks duisende burgers omdat mense so lief is daarvoor.”

Gebruik die nuttige wenke in die video om die grootste burger moontlik aanmekaar te slaan. Dalk word jy as die burgerkoning gekroon!

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.