Soorte resepte:

[Video] Jy het nog nooit jou vrugte só geskil nie!

Skermgreep uit die video

ʼn Swaan, ʼn perd, ʼn skaap en selfs ʼn arend – dis alles prentjies wat jy uit jou lemoen- of nartjieskil kan sny, as jy weet hóé!

Yoshihiro Okada is bekend in Japan vir sy skilkuns en het al twee boeke hieroor gepubliseer en selfs ʼn DVD vrygestel.

Met baie verbeelding en ʼn skerp messie, skep Yoshihiro gedetailleerde prentjies uit sitrusvrugte. Dit het alles ʼn paar jaar gelede begin toe hy ʼn nartjie geskil en gesien het dit lyk byna soos ʼn skerpioen. Hy het die volgende twee weke kiste vol nartjies gekoop en sy tegniek verbeter totdat hy die skerpioen reggekry het.

Hy kan meer as 80 verskillende tipes diere uit die skil van ʼn nartjie sny.

“Dis soos origami wat net ʼn enkele bladsy gebruik om ʼn ingewikkelde ontwerp te skep,” het hy verduidelik.

Die eerste video wys hoe Yoshihiro die snitte op die nartjie maak voor dit uiteindelik in ‘n kraanvoël verander en die ander video’s is korter videogrepe wat sy kuns uitbeeld. Sien nog van sy YouTube-video’s hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.