Soorte resepte:

[Video] Sagte botter in ʼn japtrap

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Het jy vergeet om die botter uit die yskas te haal en nou sukkel jy om dit sag te kry?

As jy botter vir ʼn resep benodig wat ongeveer kamertemperatuur moet wees, maar jy vergeet het om dit betyds uit die yskas te haal, kan jy hierdie eenvoudige wenk probeer:
* plaas die vereiste grootte botter op ʼn klein bordjie
* vul ʼn glas met kookwater en laat dit vir ongeveer ʼn minuut lank só staan
* sodra die glas lekker warm is, kan jy die water uitgooi, die glas gou afdroog en dan die glas bo-oor die botter omkeer
* laat die glas vir ongeveer ʼn minuut oor die botter staan, of sodra jy sien die botter is sag genoeg.

Laat weet ons gerus as dié wenk vir jou werk.

Die video is deur die One Pot Chef Show op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ANDRE ·

Dit was seker voor daar mikrogolf oonde was . Dit vat net 10-15 sek en jy hoef nie eens n glas te was daarna nie ??

Trados ·

Stem saam met André. Ek gebruik die mikrogolf elke môre om harde botter sag te maak. Reg so: ±15 minute, en jy smeer jou brood. Hang af van die grootte van jou stuk botter.

Wie ry nou fiets as jy ‘n motor besit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.