Soorte resepte:

Video: Verhoed só dat jou avokado’s verbruin

Avokado’s is een van daardie kossoorte waarvan jy óf hou óf glad nie van hou nie. En as jy daarvan hou, hou jy baie daarvan!

Of dit nou in blokkies in ʼn slaai gesny is, op roosterbrood fyngedruk is, in skywe op ʼn pizza, of sommer net so met sout en peper geëet word, avokado’s is ’n móét in baie mense se kombuis.

Mense is lief vir avokado’s omdat dit ʼn laestyselkos is, gesonde vette bevat en volgepak is met voedingstowwe. Dit het hoë vlakke van vitamien K, vitamien C, vitamiene B5 en B6, asook vitamien E. Dit bevat ook sink, yster, koper en magnesium.

Avokado’s is ongelukkig ook een van die kossoorte wat die vinnigste verbruin en dan lelik lyk, maar hier is ʼn paar idees om jou avokado’s so lank moontlik te laat vars bly.

In hierdie video word verskeie strategieë getoets wat jou avokado se verbruining glo vertraag. Suurlemoensap, water, uie en om die avokado toe te draai is beproef, maar slegs een strategie kon koning kraai en die avokado vir lank groen laat bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Daan Erasmus ·

Wat is die chemie agter dit. Daar moet ‘n goeie rede wees.

mog-het-troffe ·

Vir die wat nie die video kan sien nie, stoor die helfte van die avo met die pit steeds daarin saam met gesnyde uieskywe in ‘n plastiekhouer in die yskas. Ek kan net raai die avo smaak daarna soos uie en die uie soos avo.

Peet Venter ·

Geagte plaser van die skrywe.

Ek vrek “Avos” maar het nie lus om n video te kyk nie !

Wat is die kans vir n meer geskrewe voorstelling.

Baie dankie

Peet

koos ·

Geen avo in my hande kry die kans om as die helfte daarvan gebêre te word nie. ‘n Ryp avo het net een plek……….. in my maag!!!

Alet ·

Gooi bietjie olyf olie in n klein bordjie of houer. Sit halwe avo (sonder pit!) onderstebo in bordie en vryf bietjie heen en weer, sodat die olie die avo seël. Dit hou baie langer en geen uie smaak nie

Anoniem ·

Dis te sê as jy ‘n Avo teen R 17-00 of meer kan bekostig. Daar is geen rede onder die son waarom plaaslik geproduseerde Avo’s so duur moet wees nie.

Piet ·

Stem saam. In die laeveld pluk jy hulle sommer verniet langs die pad!

What de... ·

Hoekom lees die artikel ‘lemoensap’ as daar in die video na suurlemoensap verwys word???

Tania Heyns ·

Dagsê Wat de…

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet inderdaad suurlemoensap lees. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Janie Monsieur ·

Dagsê Nonnie
Dankie vir jou navraag. Jy kan sowaar avo’s vries, maar die tekstuur gaan dan verander. Jy sal nie die avo meer in snye of blokkies kan sny vir bv. ‘n slaai of op pizza nie, maar dit kan wel nog vir guacamole of ander smere gebruik word.
Groetnis
Janie nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.