Soorte resepte:

Video: Wat die gewone oog nie kan sien nie…

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Hetsy by die huis, flieks of ʼn karnaval, die volgende keer wat jy ʼn hand vol springmielies in jou mond prop, dink bietjie hoe dit sou lyk as die mieliepit van gedaante verwissel…

Warped Perception, wat bekend geraak het vir die verfilming van alledaagse dinge, maar in stadige aksie, het ʼn Phantom v2512 Ultra-hoëspoedkamera ingespan om ʼn video te neem van hoe ʼn springmielie in sy smaaklike wolkievorm verander teen 1,250 keer stadiger as wat dit in werklike tyd gebeur.

Hulle beweer hulle het die stadigste beeldmateriaal van hoe ʼn springmielie “spring”.

Die video is op 14 Januarie op YouTube gedeel en is teen Saterdagaand reeds meer as 1 460 000 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann cb ·

Ai shame, ek sal dit nie oor my hart kry om die arme pitjie te eet nie…

Sue ·

Vir intressantheid, lees die ander dag daar is 2 soorte springmielie te kry, die sampioen en die skoenlapper een. Nou wonder ek, is die een die sampioen of die skoenlapper? Van bo gekyk, die sampioen, tog het dit “vlerke” aan beide kante! Gedoriewaar intressant

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.