Soorte resepte:

Resep: Gemarineerde tuna met warm Mediterreense groente

Gemarineerde tuna met warm Mediterreense groente (Foto: Lapa-uitgerwers)

Geurige seekos met helderkleurige groente – mens eet mos met die oë ook!

Bestanddele

GEMARINEERDE TUNA

  • 2 e (30 ml) olyfolie
  • 1 k (250 ml) Clover Krush- tropiese sap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 t (5 ml) droë brandrissievlokkies
  • ½ t (3 ml) gemengde peperkorrels, fyngestamp
  • ¼ k (60 ml) fyngekapte vars Italiaanse pietersielie
  • 4 x 200 g-tunafilette

WARM MEDITERREENSE GROENTE

  • 1 e (15 ml) olyfolie
  • 600 g Mediterreense styl-groente, in blokkies gesny
  • 1 t (5 ml) gekapte roosmarynblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 150 g kersietamaties
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • 2 e (30 ml) Clover Springbok-botter
  • 1 e (15 ml) rooi wynasyn

OPDIENING

  • basielkruidpesto
  • vars basielkruidblare vir garnering

Metode

GEMARINEERDE TUNA

  1. Klits die olyfolie, sap, knoffel, brandrissievlokkies, peper en pietersielie saam.
  2. Rangskik die tunafilette in ʼn enkellaag in ʼn bak en giet die marinade bo-oor. Bedek en verkoel vir 30 minute.
  3. Verwyder die filette uit die marinade en druk die velkant met kombuispapier droog. Skroei die tuna met die velkant ondertoe op ʼn gesmeerde plat gietysterplaat of in ʼn braaipan op die stoof vir 2-3 minute. Draai die tuna om en braai vir 3-5 minute, of tot so gaar soos verkies. Skep pesto oor die salm en garneer met basielkruidblare.

WARM MEDITERREENSE GROENTE

  1. Meng die olyfolie, groente en roosmaryn en geur met sout en peper.
  2. Braai op ʼn gesmeerde plat gietysterplaat of rooster in ʼn baie warm oond tot net sag.
  3. Voeg die kersietamaties, olywe, botter en asyn by en rooster vir nog 3-4 minute. Verwyder van die hitte.

Bron: Gunsteling braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos ·

Nou hoe nou?

Bestanddele praat van 4 x 200 g-tunafilette.

In die Metode moet die salm geskroei word velkant ondertoe en dan word weer van tuna gepraat verder.

Iets klop nie in hierdie resep nie !!!!

Tania Heyns ·

Dagsê Koos

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning, die resep is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Koos ·

Dankie Tania, klink lekker!

Maar ai, die drukkersduiwel is behoorlik los in hierdie oulike reseppie:

“Skep pesto oor die salm en garneer met basielkruidblare.”

Teen die tyd weet mens darem dit moet seker tuna wees !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.