Heerlik met die somer wat wink! Probeer gerus dié soort viskoekie.
Lewer 8 porsies
Bestanddele
- 12 krapstokkies, gekap
- 1 groen soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
- 1 groot ui, gekap
- 15 ml tamatiepasta
- 15 ml suurlemoensap
- 10 ml knoffelpasta
- 5 ml brandrissievlokkies of fyngekapte vars brandrissie
- 5 ml heel komynsaadjies
- 120 g koekmeel
- 125 ml water
- olie om vlak te braai
Metode
- Meng al die bestanddele, behalwe die meel en water, en laat die mengsel vir 10 minute eenkant rus.
- Roer die meel deur en voeg genoeg water by om ʼn stywe beslag te vorm. Laat die beslag vir 30 minute in die yskas rus.
- Verhit ʼn bietjie olie in ʼn pan en braai eetlepels vol van die beslag tot goudbruin en gaar.
- Dreineer die gaar krapkoekies op kombuispapier en sit voor.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa
Ek sal dit beslis probeer,dankie Maroela.