Vars, geurig en anders. Stel gerus hierdie een op die proef!
Genoeg vir 4
BESTANDDELE
Lynvis
- 1 e (15 ml) gerasperde vars gemmer
- 2 t (10 ml) fyngerasperde suurlemoenskil
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- ¼ k (60 ml) gekapte Italiaanse pietersielie
- 2 e (30 ml) gekapte koljanderblare
- Sout en varsgemaalde swartpeper
- 2 e (30 ml) suurlemoensap
- 2 e (30 ml) olyfolie
- 1 e (15 ml) gesmelte Clover Farmstyle-botter
- 4 x 200 g vars, ferm lynvisfilette
- Vars koljanderblare vir opdien
Lensies
- 1 e (15 ml) olie
- 2 e (30 ml) Clover Farmstyle-botter
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 1 e (15 ml) matige kerriepasta
- 2 wortels, in blokkies gesny
- 3 selderystingels, in blokkies gesny
- 1 x 215 g blikkie tamatiepuree
- 2 x 410 g blikkies bruin lensies, gedreineer en afgespoel
- Sout en varsgemaalde swartpeper
- ¼ k (60 ml) Clover-room
- ¼ k (60 ml) gekapte vars koljanderblare
Komkommer-en-kruisement-raita
- 1 klein Mediterreense komkommer, grof gerasper
- (125 ml) ongegeurde Griekse jogurt
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- 1 t (5 ml) heuning
- 1 e (15 ml) gekapte vars kruisement
- Sout en varsgemaalde swartpeper
METODE
Lynvis
- Stamp die gemmer, suurlemoenskil, knoffel, pietersielie, koljander, sout en swartpeper fyn in ’n stamper en vysel of voedselverwerker.
- Klits die suurlemoensap, olyfolie en gesmelte botter saam.
- Roer dit deur die pietersieliemengsel.
- Verf die mengsel oor die visfilette en braai die vis op ’n gesmeerde plat gietysterplaat vir 4-5 minute (afhangende van die dikte van die filette) aan ’n kant tot gaar. Bedruip gereeld met die sous tydens die braaiproses.
Lensies
- Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die uie en knoffel liggies vir 4-5 minute, of tot sag.
- Voeg die kerriepasta, wortels en seldery by en braai vir 3 minute.
- Voeg die tamatiepuree by en prut vir 7-8 minute of tot die groente sag is.
- Voeg ’n bietjie water by indien nodig.
- Roer die lensies deur en geur met sout en peper.
- Prut vir 3-4 minute.
- Roer die room en koljander by net voor opdiening.
Komkommer-en-kruisement-raita
- Dreineer die gerasperde komkommer goed in ’n vergiettes en druk dit dan droog met kombuispapier.
- Plaas dit in ’n klein mengbak en meng die oorblywende bestanddele by.
Skep die lensies op ’n dienbord en rangskik die gebraaide visfilette bo-op. Garneer met koljanderblare en sit saam met komkommer-en-kruisement-raita.
Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa-uitgewers