Soorte resepte:

Resep: Sardiens oor die kole gebraai

Sardiens oor die kole gebraai (Foto: Lapa-uitgewers)

Heel, vars sardiens is een van Portugal se nasionale geregte. Tydens die somermaande vul die aroma van gebraaide sardiens die lug langs strate waar opelugrestaurante, tavernes en strandkafees gons terwyl tonne sardiens deur plaaslike inwoners en toeriste verorber word.

Bestanddele

  • 16-24 middelgroot sardiens, heel
  • growwe seesout
  • 50 ml ekstra-suiwer olyfolie

Metode

  1. Was die sardiens goed en druk droog met ʼn papierhanddoek.
  2. Besprinkel die vis goed met growwe seesout aan albei kante, en laat staan minstens 1 uur lank in ʼn houer om te marineer.
  3. Spoel weer af en druk droog.
  4. Wend olyfolie met ʼn kwas aan en geur met sout voordat jy dit oor die kole of in ʼn riffelpan braai. (Om dit oor die kole te braai sal die vis se geur versterk.)
  5. Braai die sardiens in sarsies totdat die vel begin blasies maak en bros raak – sowat 2-3 minute aan elke kant.

WENK: Gebruik sardiens wat so vars moontlik is. Indien jy nie vars sardiens in die hande kry nie, gebruik bevrore vis – maak net seker dat hulle snelbevries is om skade te beperk. Gebruik die sardiens net so heel- dis wil sê die kop en skubbe moet nog daar wees en die binnegoed moenie verwyder wees nie, anders sal die vleis uitdroog as jy dit gaarmaak.

Bron: Die Suid-Afrikaanse vis-en seekos kookboek

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Susan Maré ·

Die sardiens net so met binnegoed en al? Dit klink in elk geval lekker.

AP ·

Saam met ‘n lekker gebakte wit patat in die kole, mmm…. laat my aan my kinderdae hier in die Kaap dink soos my pa dit gemaak het. Hy het altyd die sardien onder by die stert oopgesny, klein snytjie en daar uitgespoel. Dit bly maar heerlik oor die kole.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.