Sjef Snoekie deel een van haar gunstelingseekos-resepte en vertel ook hoekom dié resep ʼn wenner is. Elke resep in Laat die potte sing het sommer ook ʼn skattige staaltjie by.
Bestanddele:
- 500 g gemengde seekos (mossels, garnale, krapstokkies en calamari)
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 3 e botter
- 1 t olie
- sap van ½ suurlemoen
- 3 e brandrissievlokkies
Metode:
- Smelt die botter en olie in ʼn pan (die olie keer dat die botter so gou brand).
- Soteer die knoffel liggies en voeg dan die brandrissievlokkies by.
- Die pan moet lekker warm wees voor jy die seekos byvoeg.
- Braai die spulletjie vir 2 minute en roer ʼn slag sodat die seekos aan alle kante braai. Braai vir nog 2 minute en verwyder van die hitte.
- Druk die suurlemoensap oor die seekos uit en sit dadelik voor.
Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer: Lapa Uitgewers