Soorte resepte:

Resep: Bobotie

Bobotie is moontlik die gewildste gereg van die Kaapse kookkuns. ‘n Gebakte eier- en melksous, met ‘n titseltjie suurlemoensap, of ‘n lourierblaar of wat, bedek ‘n pikante potpourri van geure – maalvleis met kerrie, appelkose, rosyne, neute en kruie.

Bestanddele:
1 kg gemaalde vleis
1 groot ui
25 ml (2 eetl.) botter of olie
1 dik sny brood
250 ml (1 koppie) melk
12,5 ml (1 eetl.) appelkooskonfyt
50 ml (4 eetl.) suurlemoensap
75 g ontpitte rosyne
10 droë appelkose
30 ml (2 hoogvol eetl.) kerriepoeier
12 amandels in kwarte gesny
5 ml (1 teel.) sout
2 ml (½ teel.) peper
6 suurlemoen- of lourierblare
2 eiers

Metode:
Soteer die ui in die botter of olie. Week die brood in die helfte van die melk. Meng alle bestanddele behalwe die eiers, die res van die melk en die suurlemoen- of lourierblare. Skep in ‘n oondskottel en druk die suurlemoen- of lourierblare in. Klits die orige melk en eiers saam en giet oor die vleis. Bak ongeveer 45 minute lank in ‘n matige oond. Bedien met rys, blatjang, gerasperde klapper en gekapte neute.

Resep oorspronklik gepubliseer in Spys en Drank
Uitgewer: Lapa
Prys: R295-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Spys en drank is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek www.lapa.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berita Drescher ·

Dankie vir die heerlike tradisionele dis van die ou Kaap…..so baie mense het my al vir n Bobotieresep gevra maar die tyd ontbreek om dit te sit en uitskryf….en hier kom julle met een tevore!

Jo-Ann ·

Baie dankie vir die wonderlike resep. En nog in afrikaans. Julle is tops.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.