lewer 12
Suid-Afrika se gunsteling-wors maak uitmuntende sosaties – en dis ʼn welkome variasie op die manier wat ons boerewors gewoonlik berei.
Bestanddele:
750 g boerewors van die beste gehalte
12 Houtsosatiestokkies, in water geweek vir 30 minute
1 groot rooi-ui, in wiggies gesny
12 kersietamaties
1 rooi, groen of geel soetrissie, ontpit en in groterige stukke gesny
Olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:
1. Gebruik ʼn skerp mes en sny die boerewors in stukke van 3-4 cm lank. Sit ʼn uiwiggie ʼn stuk boerewors, tamatie, nog ʼn stuk boerewors en ʼn stuk soetrissie op elke sosatiestokkie.
2. Plaas in ʼn bakpan en smeer olyfolie oor die sosaties. Geur deeglik met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit.
3. Braai 7-10 minute aan ʼn kant.
Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering
Het gedoen, so vinnig en maklik en LEKKER!