Soorte resepte:

Boerewors-sosaties

boerelewer 12 

Suid-Afrika se gunsteling-wors maak uitmuntende sosaties –  en dis ʼn welkome variasie op die manier wat ons boerewors gewoonlik berei.

Bestanddele:
750 g boerewors van die beste gehalte
12 Houtsosatiestokkies, in water geweek vir 30 minute
1 groot rooi-ui, in wiggies gesny
12 kersietamaties
1 rooi, groen of geel soetrissie, ontpit en in groterige stukke gesny
Olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
1. Gebruik ʼn skerp mes en sny die boerewors in stukke van 3-4 cm lank. Sit ʼn uiwiggie ʼn stuk boerewors, tamatie, nog ʼn stuk boerewors en ʼn stuk soetrissie op elke sosatiestokkie.
2. Plaas in ʼn bakpan en smeer olyfolie oor die sosaties. Geur deeglik met sout en peper net voordat jy dit op die rooster sit.
3. Braai 7-10 minute aan ʼn kant.

Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.