Soorte resepte:

Groenboontjiebredie

GroenboontjiebredieResep uit Boerekos

Bestanddele

25 ml botter of olie
1,5 kg skaapvleis met been, in stukkies gesny
2 uie, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap (opsioneel)
2 tamaties, geskil en in blokkies gesny
10 ml sout
500 ml kookwater
750 ml gekerfde groenbone
4 aartappels, in blokkies gesny
5 ml sout
2,5 ml varsgemaalde swartpeper
2,5 ml varsgerasperde neutmuskaat
15 ml mielieblom of souspoeier (ongeveer)

 

Metode

1. Verhit die botter of olie en verbruin die vleis in sarsies. Skep die vleis uit en hou eenkant.
2. Braai die ui en soetrissie vir ’n paar minute. Voeg die tamaties by en roerbraai vir nog ’n paar minute.
3. Voeg die vleis, 10 ml sout en kookwater by, bedek en stowe vir 1½ uur.
4. Voeg die groenbone by en stowe vir nog ’n halfuur.Vul die water aan indien nodig.
5. Voeg die aartappelblokkies by en strooi 5 ml sout oor. Roer goed deur en stowe vir nog ’n halfuur.
6. Voeg die swartpeper en neutmuskaat by, asook die mielieblom of souspoeier wat met ’n bietjie water tot ’n gladde pasta gemeng is. Prut totdat die sous verdik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.