Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Boere-burger

Boere-burger (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie burger maak jy sonder brood!
Maak 1 burger

Bestanddele

  • poetoepap, vasgedruk en oornag laat staan
  • kaas
  • 1 hamburger-pattie
  • gekaramelliseerde uie
  • ½ hele gekaramelliseerde ui
  • 3 rosa-tamaties
  • bietjie olie
  • 1 e mayonnaise
  • 2 e fyn biltong

Metode

  1. Druk twee sirkels uit die poetoepap. Dit sal die bo en onder kant van die burger wees.
  2. Sny kaas in dun repies en plaas dit op die een stuk poetoepap.
  3. Plaas nou die pattie op. Sny tamaties in die helfte en rangskik dit bo-op die pattie. Plaas nog ʼn bietjie kaas op.
  4. Plaas die tweede stuk poetoepap bo-op. Bedruip met olie.
  5. Rond af deur mayonnaise op te smeer en biltong oor te sprinkel.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

koos1 ·

Nou waarvoor is die gekamarliseerde uie en ‘n halwe hele gekarmaliseerde ui dan nou nodig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.