Soorte resepte:

(Resep) Hap saam met Lochner: Cara se slakke

Lochner de Kock (Foto: Skermgreep uit die video)

Nie almal hou van slakke nie, maar dié slakke is so lekker dat jy dit gaan móét probeer. Kyk hier hoe Lochner die resep maak.

Bestanddele:

  • ʼn slakpannetjie
  • 6 lietsjies
  • 6 slakke
  • olyfolie
  • bloukaas
  • knoffel
  • mozzarellakaas
  • sprietuie

Metode:

  1. Pak ʼn lietsjie in elke holte van die slakpannetjie.
  2. Plaas ʼn slak binne-in elke lietsjie en drup olyfolie bo-oor.
  3. Krummel ʼn bietjie bloukaas bo-oor elke slak en sit ʼn stukkie knoffel in elke holte.
  4. Strooi lekker baie mozzarellakaas oor die hele pannetjie.
  5. Sprinkel sprietuie oor.
  6. Bak teen 180°C tot alles gesmelt is

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.