Soorte resepte:

Herderspastei met ʼn botterskorsiebolaag

6 porsies

Bestanddele:
10 ml (2 t) olyfolie
750 g maer maalvleis
1 ui, gekap
15 ml (1 e) koekmeel
5 ml (1 t) Worcestersous
45 ml (3 e) tamatiepasta
250 ml (1 k) vleisaftreksel
30 ml (2 e) gedroogte gemengde kruie
200 g bevrore groente, bv. ertjies, boontjies, wortels en mielies
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
500 g botterskorsie of pampoen, geskil en in blokkies gesny
30 ml (2 e) botter
Gemaalde neutmuskaat

Metode:
1. Verhit die olie in ʼn groot kastrol en verbruin die vleis in twee sarsies.
2. Soteer die uie en skep die vleis terug in die kastrol.
3. Roer die meel, Worcestersous, tamatiepasta, aftreksel en kruie by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut 30 minute of tot die vleis gaar is.
4. Roer die groente by en geur na smaak.
5. Voorverhit die oond tot 180˚C.
6. Kook intussen die aartappels en botterskorsie of pampoen in ʼn bietjie water tot gaar. Dreineer die vloeistof en druk die groente fyn om soos kapokaartappels te lyk. Roer die helfte van die botter by en geur na smaak.
7. Skep die vleis in ʼn oondbak en versprei die kapokmengsel egalig bo-oor. Stip dit met die orige botter, strooi die neutmuskaat oor en bak dit 30-40 minute of tot goudbruin.

Die resep het oorspronklik verskyn in Spogresepte
Uitgewer: Lapa
Prys: R225-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.