Soorte resepte:

Hoender-en-rooiwynstowegereg met kluitjies

 

Hoender-en-rooiwynstowegereg met kluitjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié resep word in ʼn prutpot gemaak – skottelgoed is minimaal en geur is volop!

Lewer 6 porsies

Tyd: 5-6 uur in die prutpot

Bestanddele

  • 6 ontbeende hoenderborsies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 60 ml koekmeel
  • 45 ml kanola-olie
  • 3 uie, in wiggies gesny
  • 1 x 200 g-pakkie spekvleis, in blokkies gesny
  • 3 knoffelhuisies, in skyfies gesny
  • 300 g sampioene, in kwarte gesny
  • 2 lourierblare
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 15 ml fyngerasperde lemoenskil
  • 300 ml rooiwyn
  • 300 ml hoenderaftreksel

KLUITJIES

  • 215 ml bruismeel
  • 400 ml vars broodkrummels
  • 15 ml heelkorrelmosterd
  • 140 g botter, in blokkies gesny
  • 10 vars tiemieblaartjies
  • 30 ml gekapte vars pietersielie
  • 2 eiers, liggies geklits

Metode

  1. Geur die hoenderborsies met sout en peper. Strooi 45 ml van die koekmeel oor die hoenderborsies sodat dit goed bedek is.
  2. Verhit die olie in ʼn swaarboomkastrol en braai die hoender in sarsies tot dit begin verbruin. Skep die hoenderborsies in die bak van die prutpot.
  3. Meng die orige meel, uie, spek, knoffel, sampioene, lourierblare, konfyt, lemoenskil, rooiwyn en aftreksel saam en skep dit oor die hoender. Geur na smaak met sout en peper. Plaas die deksel op die prutpot en stel op hoog vir 4 uur.

KLUITJIES

  1. Meng die bruismeel, broodkrummels, mosterd en botter in ʼn voedselverwerker tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
  2. Voeg die tiemie, pietersielie, eiers, sout en peper by. Pols die mengsel tot dit ʼn nat deeg vorm. Bedek jou hande met meel en rol 6-8 ewe groot deegballe.

Verwyder die deksel van die prutpot ná 4 uur en rangskik die deegballe op die bredie. Plaas die deksel terug en laat dit vir nog 1-2 uur kook tot die kluitjies uitgepof het.

Bron: 50 Prutpot geregte

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.