Soorte resepte:

Hoender- skottel

Resep uit Trooskos

Bestanddele

2 e (30 ml) olyfolie
8 hoenderporsies
2 e (30 ml) koekmeel
2 e (30 ml) Clover Mooi River botter
4 klein uie, geskil en in kwarte gesny
2 knoffelhuisies, fyn gesny
200 g sampioene, skoon gewas
1 k (250 ml) witwyn
2 k (500 ml) hoenderaftreksel
4 takkies suurlemoentiemie of tiemie
5 wortels (300 g), geskraap en in dik ringe gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
4 t (20 ml) korrelmosterd
2 e (30 ml) heuning
¼ k (60 ml) Clover suurroom

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 140 °C.
  2. Verhit die olie in ’n swaarboom-oondbak en bedek die hoender met meel. Skud die oortollige meel af en braai die hoender 2 tot 3 minute aan ’n kant tot goudbruin. Skep die hoender op ’n bord en hou eenkant.
  3. Sit die bak weer op die stoofplaat en verhit die botter oor matige hitte daarin. Soteer die uie en knoffel 3 tot 4 minute en voeg die sampioene by. Braai nog 3 minute.
  4. Skep die groente by die hoender. Roer die wyn by die pansappe en kook 3 minute. Roer die aftreksel, tiemie en wortels by. Skep die hoender en groente terug en geur met sout en peper.
  5. Verhit tot kookpunt en plaas die deksel op die oondbak. Bak 30 minute in die warm oond. Verwyder uit die oond en roer die mosterd, heuning en suurroom by.
  6. Bak nog 15 minute sonder die deksel totdat die hoender sag en deurgaar is.

Genoeg vir 4 tot 6

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.