Soorte resepte:

Resep: Hoendersop

Argieffoto (foto: Pixabay)

Mense het ʼn idee dat hoendersop iets is wat na papgekookte groente proe en wat mens eet as jy siek is. Hierdie hoendersop sal jou anders oortuig.

Bestanddele:

6 hoenderdye, met of sonder vel
1 pak klaar voorbereide fyn gesnyde sopgroente
3 aartappels, in klein blokkies gesny
3 selderystingels, in klein stukkies gesny
1 blik gekapte tamaties
1 blik klappermelk
500 ml vars room (of vervang met Bulgaarse jogurt)
2 knoffelhuisies, gekap
½ pakkie bruinuiesoppoeier
½ pakkie chakalaka-soppoeier
½ pakkie songedroogde tamaties in olyfolie
Sout
Kookwater

Metode:

  1. Braai die hoender tot lekker bruin.
  2. Sit die hoender saam met al die ander bestanddele in ʼn stoompot en kook onder druk vir so 1 ½ uur.
  3. Vis die hoender uit, verwyder die bene en sny in fyn stukkies.
  4. Gooi die hoender net so terug by die sop vir growwe hoendersop, of maak die sop sonder die hoender fyn in ʼn voedselverwerker en gooi dan die hoenderstukkies terug.
  5. Maak weer deurwarm en bedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.