Lochner de Kock het vanoggend by ons kantoor gekuier en hierdie smullekker resep sommer so in die gang met ons gedeel:
Neem een skaapboud en twee botteltjies slaaisous van jou keuse.
Sit die skaapboud in ‘n oondbak en gooi die slaaisous daaroor.
Maak die skaapboud toe en bak tot gaar.
Maak die skaapboud kort-kort tydens die bakproses oop en bedruip die boud weer met die slaaisous wat afgeloop het.
Bak stukkies groente saam met die boud vir die laaste halfuur.
Wanneer jy die skaapboud aan die einde oopmaak om te verbruin, gooi bietjie Bisto oor die boud.
Die slaaisous bevat reeds al die kruie, speserye, suurlemoensap en olyfolie wat jy sou benodig.
Geniet!
Dis in eenvoud waar ware genie gevind word.
Kannie wag vir payday nie.
Dankie Lochner
Lekker eenvoudige manier van gaarmaak,maar hoe lank is die gaarmaaktyd