Soorte resepte:

Resep: Maklike hoenderpastei

Maklike hoenderpastei (Foto: Lapa Uitgewers)

Maklike hoenderpastei resep vir vanaand se aandete.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:
15 ml (1 e) olyfolie
8 hoenderporsies of een heel hoender
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
1 lourierblaar
3 elk heel kruienaeltjies en wonderpeper korrels
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
250 g sampioene, in skyfies gesny
15 ml (1 e) gedroogde gemengde kruie
125 ml (½ k) kookvloeistof van hoender

KORS
125 ml (½ k) melk
1 eier
125 ml (½ k) olie
250 ml (1 k) koekmeel
ʼn knippie sout
10 ml (2 t) bakpoeier

Metode

1. Verhit ʼn bietjie van die olie in ʼn groot kastrol en verbruin die porsie of heel hoender.
2. Verlaag die hitte en voeg die aftreksel, lourierblaar, speserye en sout en peper na smaak by. Prut die hoender 45-60 minute of tot gaar.
3. Skep die hoender uit en behou die vloeistof waarin die hoender gekook het. Verwyder enige vel en bene en sny die vleis in stukkies.
4. Soteer die uie in die orige olie in dieselfde kastrol. Roer die knoffel, sampioene en kruie by en soteer dit ʼn paar minute.
5. Roer die hoender en genoeg van die behoue vloeistof by die groentemengsel om ʼn redelike klam mengsel te kry. Geur na smaak en skep dit in ʼn oondbak.
6. Voorverhit die oond tot 180 °C.
7. Kors: klits die melk, eier en olie saam. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die melkmengsel om ʼn slap beslag te vorm. Voeg nog melk by indien nodig.
8. Giet die beslag oor die vleis en bak dit ongeveer 30-40 minute of tot goudbruin en gaar.

Oorspronklik gepubliseer in Spogresepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.