Soorte resepte:

Pleister-hoenderburgers

Foto: Japtrap-braai

Hoendermaalvleis is besonder veelsydig en kan in baie verskillende disse omskep word, met hoenderburgers natuurlik boaan die lys. Die vetterigheid van streepspek gee die burger ‘n wonderlike geur.

Gasbraai
Ketelbraai direk
Vuur van hou of houtskool

500 g hoendermaalvleis
250 ml (1 k) vars witbroodkrummels
3 sprietuie, fyngekap
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
‘n klein handvol pietersielie, fyngekap
30 ml (2 e) olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
8 – 12 repe swoerdlose streepspek

1. Meng die hoendermaalvleis, broodkrummels, sprietuie, brandrissie, pietersielie en olyfolie in ‘n groot bak. Geur deeglik met sout en peper.
2. Maak jou hande nat en vorm dan 10 – 12 patties uit die vleismengsel. Draai ‘n reep streepspek om elke burgerpattie, en dan nog ‘n reep in ‘n ander rigting sodat dit ‘n kruis vorm. Steek vas met ‘n tandestokkie.
3. Spuit die rooster deeglik met kleefwerende kossproei. Braai oor ‘n mediumwarm gasvlam of kole vir sowat 8 minute aan ‘n kant. As die burgers aan die rooster vassit, is hulle nog nie reg om omgedraai te word nie.
4. Sit voor op hulle eie of saam met broodrolletjies, slaaiblare, skywe tamatie en skyfies agurkie.

Lewer 4-6 burgers, na gelang van die grootte van die burgerpatties.

Resep oorspronklik gepubliseer in Japtrap-braai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cobus ·

Lyk en klink hemels,waar kan mens hoender maalvleis koop?of moet ek maar die maalertjie afstof.
Ek bly in Brackenfell in die Kaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.