Soorte resepte:

[Resep] Aartappel-pankos

Aartappel

Aartappel-pankos Foto: Wenresepte 1

Hierdie kitsete is binne ’n halfuur gereed. Gebruik ’n baie groot pan, want anders ontstaan ’n klomp vloeistof en word die kos nie gou genoeg gaar nie.

Lewer 2 porsies

Bestanddele:

  • 500 g aartappels, geskil
  • 1 groot ui, in ringe gesny
  • 50 ml sonneblomolie
  • 50 g (14 heel) gevulde olywe, gehalveer
  • 100 g salami of ander gerookte wors, in dun skyfies gesny
  • knippie droë salie
  • sout en peper na smaak
  • 50 g feta- of krummelmaaskaas
  • vars kruie (opsioneel)

Metode:

  1. Sny die aartappels in dun skywe. Druk droog met kombuispapier.
  2. Braai die aartappels en ui in die warm olie tot goudbruin.
  3. Voeg die olywe, salami, salie, sout en peper by en braai ’n paar minute lank tot die salami warm is.
  4. Voeg die kaas by net voor dit voorgesit word en strooi vars kruie bo-oor indien beskikbaar.

Bron: Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.