Soorte resepte:

[Resep] Afval met uie

Afval

Foto: ‘n Lewe met kos

Sommige mense is maar skrikkerig vir afval, maar kyk net hoe lekker lyk dié resep!

Bestanddele:

  • 700 g skoongemaakte afval
  • 750 ml melk
  • 300 ml water
  • sous
  • 3 groot uie, geskil en in klein skyfies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sous

  • 15 ml koekmeel
  • 50 ml melk
  • 15 g botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

  1. Sny die afval in 8 cm-blokkies. Plaas die blokkies in ʼn kastrol en bedek met koue water.
  2. Verhit tot kookpunt en kook tot sag. Giet die water af en laat die afval in die kastrol.
  3. Voeg die melk, water, uie, sout en peper by die afval en prut vir 1 uur. Verwyder van die hitte en hou eenkant.

Sous

  1. Meng die meel en melk en roer dit deur die afval.
  2. Plaas die afval terug op die hitte, voeg die botter by en roer tot die vloeistof begin kook en verdik.
  3. Voeg sout en peper na smaak by. Sit dadelik voor.

Bron: Cass Abrahams: ‘n Lewe met kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie 2 ·

Sarie, ek is ook van mening dat daar wèl kerrie & moontlik bietjie borrie in moet kom; maar dis moontlik dat dit die resep is wat ook bekend staan as “Vaal Kerrie”…

Vienna ·

Klink heerlik, ek is so bly die resep kry nie
kerrie/ borrie nie.
Kan nie wag om hierdie resep met my Griekse en Italiaanse afval resepte te vergelyk nie.
.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.