Soorte resepte:

Resep: Avokado-en-maaskaashappies

Avokado-en-maaskaashappies (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie is die perfekte voorgereg, peuselhappie óf bykos saam met aandete.

Bestanddele

  • 2 avokado’s
  • 1 x 250 g bakkie gegeurde maaskaas (“Cheese & Chives” of “Garlic & Herb”)
  • 5 ml suurlemoensap
  • 1 x 170 g blikkie tuna
  • blaarslaai, in repe gesny
  • komkommerskyfies (opsioneel)
  • kersietamaties, gehalveer (opsioneel)
  • selderystokkies (opsioneel)
  • wortelstokkies (opsioneel)

Metode

  1. Sny die avokado’s in die helfte en skep die vlees in ‘n bakkie uit. Behou die heel skille.
  2. Voeg die maaskaas by die avokado’s en meng goed.
  3. Dreineer die tuna, voeg dit by die avokadomengsel en roer dit deur.
  4. Skep die mengsel in die avokadoskille.
  5. Rangskik die blaarslaai en res van die slaaibestanddele (indien gebruik) op ’n dienbord en plaas die avokadohappies daarop.
  1. Geniet dit saam met knoffelrolletjies.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.