Soorte resepte:

Resep: Bakkies se boerewors

Bakkies se boerewors (Foto: Dapper Media)

Hier is ’n lekker resep om jou éie boerewors te maak en stop.

Bestanddele

  • 500 g maalvleis, los gemaal
  • knippie sout
  • knippie peper
  • 1 e (15 ml) growwe peper
  • 1 e (15 ml) growwe sout
  • 30 g peppadews, fyngekap
  • 125 g kaas, fyngesny
  • 1 derm

Metode

  1. Plaas die maalvleis in ’n mengbak.
  2. Sprinkel die sout, peper, peppadews en kaas oor die maalvleis.
  3. Meng al die bestanddele deeglik deur in die bak.
  4. Sit die maalvleismengsel in ’n worsstopper, heg die derm aan die worsstopper en vul die derm met die maalvleismengsel.
  5. Braai die wors en dien op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.