Steek ʼn vuurtjie aan om hierdie heerlike tjops te braai en word sommer lekker warm tydens dié yskoue winter.
Lewer 4 porsies
Bestanddele:
Balsamiese-en-oreganum-gemarineerde lamstjops
- ¼ k (60 ml) balsamiese asyn
- ¼ k (60 ml) Clover Krush-appelsap
- ¼ k (60 ml) olyfolie
- 2 e (30 ml) heuning
- 1 e (15 ml) gekapte vars oreganum
- 1 t (5 ml) gekapte vars tiemie
- 8 (omtrent 800 g) lams-lendetjops
- seesout-vlokkies en gemaalde swartpeper
Knoffel-witboontjie puree
- 1 bol knoffel
- 2 e (30 ml) Clover Farmstyle-botter
- 1 e (15 ml) olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 (410 g) blikkies cannellini-boontjies, gedreineer
- ½ k suurlemoen, sap en gerasperde skil
- ¼ k (60 ml) Clover-suurroom
- 1/3 k (80 ml) gekrummelde Clover-fetakaas
- varsgemaalde swartpeper
Metode:
Lamstjops
- Plaas die asyn, sap, olyfolie, heuning, oreganum en tiemie in ʼn nie-metaalbak en klits.
- Plaas die tjops in die marinade; meng goed deur.
- Bedek en verkoel in die yskas vir 30 minute.
- Verwyder die tjops uit die marinade en plaas op ʼn baie warm braai vir 4-5 minute aan ʼn kant of tot gaar soos jy verkies.
- Geur met sout en peper en bedien met knoffel-witboontjiepuree.
Puree
- Draai die hele knoffelbol toe in foelie en plaas op ʼn baie warm braai vir 15-20 minute, of tot sag en gaar.
- Smelt die botter en olie in ʼn pan en braai die uie vir 4-5 minute of tot sag.
- Roer die cannellini-boontjies, suurlemoensap en skil by.
- Verwyder van hitte en gooi uit in die bak van ʼn voedselverwerker.
- Druk die sagte knoffelhuisies uit hul omhulsels en voeg by die boontjiemengsel, saam met die suurroom en feta.
- Meng tot amper glad en geur met peper.
- Skep terug in die pan en verhit tot deurwarm voor opdiening.
Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa