Soorte resepte:

[Resep] Balsamiese-en-oreganum-gemarineerde lamstjops met knoffel-witboontjie puree

Balsamiese-en-oreganum-gemarineerde lamstjops met knoffel-witboontjie puree Foto: Gunsteling braairesepte

Balsamiese-en-oreganum-gemarineerde lamstjops met knoffel-witboontjie puree. Foto: Gunsteling braairesepte

Steek ʼn vuurtjie aan om hierdie heerlike tjops te braai en word sommer lekker warm tydens dié yskoue winter.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

Balsamiese-en-oreganum-gemarineerde lamstjops

  • ¼ k (60 ml) balsamiese asyn
  • ¼ k (60 ml) Clover Krush-appelsap
  • ¼ k (60 ml) olyfolie
  • 2 e (30 ml) heuning
  • 1 e (15 ml) gekapte vars oreganum
  • 1 t (5 ml) gekapte vars tiemie
  • 8 (omtrent 800 g) lams-lendetjops
  • seesout-vlokkies en gemaalde swartpeper

Knoffel-witboontjie puree

  • 1 bol knoffel
  • 2 e (30 ml) Clover Farmstyle-botter
  • 1 e (15 ml) olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 (410 g) blikkies cannellini-boontjies, gedreineer
  • ½ k suurlemoen, sap en gerasperde skil
  • ¼ k (60 ml) Clover-suurroom
  • 1/3 k (80 ml) gekrummelde Clover-fetakaas
  • varsgemaalde swartpeper

Metode:

Lamstjops

  1. Plaas die asyn, sap, olyfolie, heuning, oreganum en tiemie in ʼn nie-metaalbak en klits.
  2. Plaas die tjops in die marinade; meng goed deur.
  3. Bedek en verkoel in die yskas vir 30 minute.
  4. Verwyder die tjops uit die marinade en plaas op ʼn baie warm braai vir 4-5 minute aan ʼn kant of tot gaar soos jy verkies.
  5. Geur met sout en peper en bedien met knoffel-witboontjiepuree.

Puree

  1. Draai die hele knoffelbol toe in foelie en plaas op ʼn baie warm braai vir 15-20 minute, of tot sag en gaar.
  2. Smelt die botter en olie in ʼn pan en braai die uie vir 4-5 minute of tot sag.
  3. Roer die cannellini-boontjies, suurlemoensap en skil by.
  4. Verwyder van hitte en gooi uit in die bak van ʼn voedselverwerker.
  5. Druk die sagte knoffelhuisies uit hul omhulsels en voeg by die boontjiemengsel, saam met die suurroom en feta.
  6. Meng tot amper glad en geur met peper.
  7. Skep terug in die pan en verhit tot deurwarm voor opdiening.

Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.