Soorte resepte:

Resep: Beesbiltong

Beesbiltong (Foto: Lapa-uitgewers)

Het jy al ooit self biltong gemaak? Beproef dié resep vir lekker geurige biltong.

Bestanddele

  • 25 kg beesdy (silverside)
  • 600-750 g kombuissout
  • 180 g bruinsuiker (dit verhoed dat die sout die vleis te taai maak)
  • 60-80 g varsgemaalde koljander as geurmiddel
  • bruinasyn

Metode

  1. Sny die dy langs die duidelik sigbare naat. Die ronde spier is bekend as die ronde biltong en dit is ʼn goeie grootte vir ʼn
  2. Die reghoekige spier is die regte biltong en dit sny jy in twee in die lengte, wat beteken dat jy drie biltonge het.
  3. Sny elke biltong reg deur netjiese, reguit snye saam met die grein van die vleis te maak. Dit sal die senings, membrane en los stukke verwyder (vlieë lê eiers in klein snytjies en sulke los plekkies kan ook muf).

PEKEL DIE BILTONG

  1. Gebruik net vlekvryestaal-, emalje-of plastiekhouers om die biltong in te pekel.
  2. Strooi eers ’n laag sout, gemeng met ’n bietjie suiker en koljander, oor die bodem van die houer waarin jy gaan pekel.
  3. Pak een laag biltong, strooi sout liggies oor (dit moet soos ligte sneeu lyk) en strooi dan suiker en koljander oor. Sprinkel ’n bietjie asyn ook oor.
  4. Herhaal hierdie proses tot al die biltong in die pekelhouers gepak is. Plaas die houers op ’n koel plek vir 12 uur. Draai die biltonge ná 12 uur om. Die pekel wat onder in die houers gevorm het, moet goed in die biltonge gevryf word. Laat dit vir ’n verdere 12 uur lê.

HANG DIE BIL TONG UIT

  1. Biltong moet in ’n vleiskamer hang waar die lug goed trek. Na gelang van die dikte van die biltonge en persoonlike smaak behoort die biltonge vir ± 3-4 weke te hang.

Wenke

  1. Dikker stukke biltong sal meer sout nodig hê en moet dus onder in die pekelhouer geplaas word.
  2. Pas jou hoeveelheid pekel aan volgens die riglyn van die resep.
  3. Asyn word net oorgesprinkel en nie oormatig gebruik nie.
  4. lndien verkies, kan jy peper liggies oor die biltong strooi voor dit opgehang word. Dit help om die vlieë weg te hou.

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Linda ·

Die beste biltong wat ek nog ooit gemaak het, was van n resep in n tydskrif van die sanger Bok van Blerk !!!

Mariet ·

Ek sal ook graag die resep van Bok van Blerk wil he Linda. Sal jy ons laat weet asb? Ek woon hier in Taiwan en my lus hang behoorlik uit vir lekker biltong, maar rooivleis is hier amper onbekombaar en baie duur. So ek moet die perfekte resep he om dit die moeite werd te maak.

Dooi ·

Swartpeper daar by
Koeksoda om te keer vir die muf.
Wen resep.

Ou Arm Vlakvark van Biltongdroogtevallei ·

Skande dat julle alleen beesbiltong eet en ons nog boonop lus maak! Ek en my soogdiergenote kan nie die beesdy of beeshaas bekostig nie. So, ons eet maar koedoebiltong.

Emily ·

Linda, waar kan ek resep kry? Het nou ge-google maar sien niks.

Kobus V ·

Niks fout met die resep nie maar gebruik liewers die suiker in jou koffie of tee.

Helene ·

Ek dink die Bok v Blerk biltong is so bietjie tong in die kies.

Dada ·

Het jare terug BAIE biltong gemaak. Die resep is reg maar miskien sal Old Brown Sherry die suiker kan vervang. Bevat alkohol wat bewaar. Die dik stukke vorm kors en binne nog te vars en moeilik om te sny. Tot een jaar in vrieskas – goed elke stuk met voelie toegevryf verander die tekstuur egalig. Moet net eers paar dae hang om geur te kry. Altyd laasjaar se oes net voor nou se maak geniet! My droeworsresep is my kuns. Hele storie. Wou nooit uitdeel nie. Ken net een man in Pongola wat dit kan doen. Ek deel graag 082 668 1440. Hoekom nie?

Dada ·

Vergeet. Kan die biltong hang sonder benoude vleiskamer! Oop stoep waar lug vloei is genoeg. Koop stuk ‘chicken wire’ by hardeware saam met hakies in balke ingedraai. Stukke gly dan nie na mekaar soos op draad nie. Maak my nou lus!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.