Soorte resepte:

Resep: Beesstert

Beesstert (Foto: Lapa-uitgewers)

Kersfees is om die draai!
6 porsies

Bestanddele

  • genoeg Clover Mooi River-botter
  • 1,2 kg beesstert
  • 2 uie gekap
  • 375 ml (1 ½ k) beesvleisaftreksel
  • 250 ml (1 k) rooiwyn
  • 45 ml (3 e) tamatiepasta
  • ’n knippie swartpeper
  • 3 heel naeltjies
  • 1 lourierblaar
  • 5 ml (1 t) droë gemengde kruie
  • 12 klein uitjies, geskil
  • 4 selderystingels, grof gekap

Metode

  1. Verhit genoeg botter, en braai die beesstert bietjies op ’n slag tot al die vleis bruin is buite om. Skep dit uit en hou eenkant.
  2. Voeg nog botter by en braai die uie tot gaar.
  3. Skep al die vleis terug in die kastrol en voeg die aftreksel, rooiwyn, tamatiepasta, sout, swartpeper, naeltjies, lourierblaar en kruie by.
  4. Plaas die deksel op die kastrol en laat kook oor mediumhitte vir 2½ tot 3 ure.
  5. Voeg die klein uitjies en seldery by. Laat 25 tot 30 minute prut. Verwyder die lourierblaar.
  6. Sit warm voor saam met rys of koeskoes.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alicia ·

Sjoe, dit lyk lekker. Wonder net waar gaan ek sulke lekker beesstert kry soos op die prentjie. Die beesstert in ons winkels kos ‘n arm en ‘n been en dan moet jy die vleis soek tussen die vet…

VanAfrika ·

Solank dit lekkker is gee ek nie om wat daar in is nie, party mense kan darem lekker beesstert maak, op die regte Afrikaner manier.

Penellope Jones ·

As dit net nie so verskriklik duur was nie!
Heerlik, so ‘n stukkie beesstert . . ..

Lindtjies ·

Ek verstaan nie hoekom bees stert so duur is nie. Dit is dan die gat kant van die bees en bestaan grotendeels uit bene uit. Maar bly nogtans lekker as mens dit kan bekostig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.