Soorte resepte:

[Resep] Beestong met tuisgemaakte mosterd

beestong

Foto: Hartskombuis

Wenk: Oorskiettong kan saam met die sous gevries word.

Bestanddele:

  • 1 beestong, gepekel
  • 2 uie, geskil en heel gehou of in kwarte gesny
  • 2 geelwortels, geskil en heel gehou of in groot stukke gesny
  • knippie sout
  • 4 heel kruienaeltjies
  • 2 lourierblare
  • water

Metode:

  1. Was die tong en verwyder die kliere.
  2. Plaas die tong, uie en wortels in  ʼn kastrol.
  3. Voeg die geurmiddels by en giet net genoeg water by om die tong heeltemal te bedek.
  4. Kook die tong vir 2-3 uur.
  5. Haal die tong uit die kastrol en trek die vel versigtig af terwyl die tong nog warm is.
  6. Plaas die tong terug in die vloeistof waarin dit gekook is en laat dit daarin afkoel.
  7. Sit dit koud voor saam met tuisgemaakte mosterd.

Tuisgemaakte mosterd

Bestanddele:

  • 1 blik (± 385 g) kondensmelk
  • 200 g (1 k) suiker
  • 1 groot blik (± 110 g) mosterdpoeier
  • 200 g (¾ k) mayonnaise
  • 200 ml (¾ k) asyn

Metode:

  1. Meng die kondensmelk, suiker en mosterdpoeier deeglik.
  2. Voeg die mayonnaise en asyn by en klits goed.
  3. Dit lewer ongeveer 1 liter en kan in die yskas gebêre word.

Bron: Hartskombuis
Uitgewer: NB Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronél Wall ·

Ek dink die hoeveelheid mosterd is te veel…dit sal geweldig sterk wees met dié hoeveelheid drop mostert.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.