Soorte resepte:

Resep: Beesvleis-en-bierpastei

Beesvleis-en-bierpastei (Foto: Lapa-uitgewers)

’n Lekker pastei bly maar ’n gunsteling in elke huis. Kyk gerus na hierdie een!

Genoeg vir 4 tot 6

Bestanddele

  • 900 g stowebiefstuk (stewing steak), in blokkies gesny
  • 80 ml koekmeel, plus ekstra om oor te strooi
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g Clover Mooi River-botter
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 middelslag-wortels, gekap
  • 150 g knopiesampioene
  • 2 takkies vars tiemie
  • 400 ml moutbier (stout)
  • 500 ml biefaftreksel
  • 1 eier, geklits
  • 1 x 400 g rol-skilferkorsdeeg

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 °
  2. Geur die koekmeel met sout en peper en rol die vleisbokkies in die gegeurde meel.
  3. Verhit die helfte van die botter in ’n swaarboomkastrol en braai die vleisblokkies tot goudbruin.
  4. Voeg die groente, tiemie, bier en aftreksel by. Verhit die vleis en groente, bedek die kastrol en laat vir 1 uur liggies prut.
  5. Geur die pasteivulsel en roer die oorblywende botter deur. Skep die vulsel in ’n oondvaste bak.
  6. Rol die blaardeeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
  7. Verf die rand van die oondvaste bak liggies met die eier en plaas die uitgerolde deeg oor die pastei. Knyp die deeg vas reg rondom die rand van die oondbak sodat dit aan die rand vaskleef en sny enige oortollige deeg af.
  8. Verf die oorblywende eier oor die bokant van die pasteideeg en plaas die oondbak op ’n bakplaat.
  9. Bak vir 20-30 minute tot die deeg goudbruin is.

Resep: Ekonomiese gesinskos

Uitgewer: Lapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.