’n Lekker pastei bly maar ’n gunsteling in elke huis. Kyk gerus na hierdie een!
Genoeg vir 4 tot 6
Bestanddele
- 900 g stowebiefstuk (stewing steak), in blokkies gesny
- 80 ml koekmeel, plus ekstra om oor te strooi
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 100 g Clover Mooi River-botter
- 2 uie, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 middelslag-wortels, gekap
- 150 g knopiesampioene
- 2 takkies vars tiemie
- 400 ml moutbier (stout)
- 500 ml biefaftreksel
- 1 eier, geklits
- 1 x 400 g rol-skilferkorsdeeg
Metode
- Voorverhit die oond tot 220 °
- Geur die koekmeel met sout en peper en rol die vleisbokkies in die gegeurde meel.
- Verhit die helfte van die botter in ’n swaarboomkastrol en braai die vleisblokkies tot goudbruin.
- Voeg die groente, tiemie, bier en aftreksel by. Verhit die vleis en groente, bedek die kastrol en laat vir 1 uur liggies prut.
- Geur die pasteivulsel en roer die oorblywende botter deur. Skep die vulsel in ’n oondvaste bak.
- Rol die blaardeeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
- Verf die rand van die oondvaste bak liggies met die eier en plaas die uitgerolde deeg oor die pastei. Knyp die deeg vas reg rondom die rand van die oondbak sodat dit aan die rand vaskleef en sny enige oortollige deeg af.
- Verf die oorblywende eier oor die bokant van die pasteideeg en plaas die oondbak op ’n bakplaat.
- Bak vir 20-30 minute tot die deeg goudbruin is.
Resep: Ekonomiese gesinskos
Uitgewer: Lapa