Soorte resepte:

Resep: Beskonke Skaapskenkels

Foto: Nina se kombuis

Foto: Nina se kombuis

Dit is nog ʼn gereg wat jy sommer aan die oond se genade kan oorlaat. Saam met heerlike stampmielies met baie botter is dit ʼn koningsmaal!

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

Vir die stampmielies

  • 1 kg stampmielies, deeglik afgespoel
  • water
  • 10 ml sout
  • 125g botter

 Vir die skenkels

  •  6 heel lamskenkels
  • 6 takkies roosmaryn
  • 6 takkies kruisement
  • sout en peper na smaak
  • 100 ml olyfolie
  • 2-3 groot rooi-uie, geskil en fyngekap
  • 2- 3 knoffelhuisies, geskil en in klein repies gesny
  • 30 ml balsemiek-asyn
  • 50 ml heuning
  • 2 lemoene, gewas, gehalveer en pitte verwyder
  • 1 liter lamsaftreksel
  • 340 ml donker bier
  • 200 ml rosyne of sultanas

Metode:

Vir die stampmielies

  1. Voorverhit die warmlaai van die oond tot 80°C. Plaas die stampmielies in ʼn groot oondskottel en gooi geneog water by sodat die watervlak omtrent 2 cm bo die stampmielies is.
  2. Voeg die sout en botter by, sit die deksel op en laat oornag vir ten minste 8 ure in die warmlaai van die oond gaar word.

Vir die skenkels

  1. Voorverhit oond tot 160 ° C. Maak die skenkels mooi skoon en druk droog met handdoekpapier. Maak klein snitte naby die been met ʼn skerp mes en druk ʼn roosmaryn- en kruisementtakkie in elke snit. Geur die skenkels met sout en peper.
  2. Verhit die olie in ʼn pot wat groot genoeg is en braai die skenkels tot goudbruin. Plaas al die bestanddele saam met die skenkels in die pot en sit die deksel op of bedek met foelie. Sit die skenkels vir 2 ½ -3 uur in die oond.
  3. Skep die skenkels dan baie versigtig uit die sous en probeer hulle heel hou, want dit Iyk baie indrukwekkend as jy die skenkels heel voorsit.
  4. Giet nou die oorblywende sous, uie, knoffel en lemoene wat in die pot agterbly in ʼn kleiner pot en maak met ʼn staafmenger fyn.
  5. Kook die sous af tot lekker dik, geur met sout en peper indien nodig en sit die sous voor saam met die skenkels en stampmielies.

Bron: Maklike Maaltye uit Nina se kombuis
Uitgewer: Random House Struik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

BoereBikerBaby ·

dit lyk hemels! net ‘n jammerte mens moet miljoener wees om deesdae lam te koop…

SkarrelKind ·

Jissie, ek wou ook sê die 6 skenkels sal seker by die R400 kos!

Eliza-beth ·

Sommer nou VREKHONGER en ek juis besig om vandag bietjie te vas. Nou moes ek mos die resep lees – uithouvermoë!

Barry ·

Kyk,Kan ek nou vir julle se..Die skaapskenkels is uit die boonste rakke!!Ek het hierdie resep vrydag aand vir my vrou gemaak vir ons huweliks herdenking..Sy was absoluut in die sewende hemel(en NATUURLIK EK OOK)!Wat ñ AMAZING resep!!Spandeer maar n paar randjies,en bederf julle self dis absoluut d moeite werd!!Welgedaan aan ‘Nina se kombuis’ resep!

Barry ·

Absolute wonderlike resep!!!!Die naweek dit probeer!AMAZING lekker!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.