Soorte resepte:

Resep: Beste hoenderpastei

Beste hoenderpastei (Foto: Lapa-uitgewers)

Almal is mos lief vir ʼn heerlike hoenderpastei!
6-8 porsies

Bestanddele

  • 1 bruin ui, grof gekap
  • 2 e botter
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 pak (1 kg) braaihoender (5 stukke)
  • 1 pak (1 kg) hoenderborsies (met vel en aan die been)
  • 2 k kookwater
  • 1 k droë witwyn
  • 2 lourierblare
  • 5 kruienaeltjies
  • varsgemaalde sout en peper
  • 400 g bruinsampioene, grof gekap
  • 1 e botter
  • 1 suurlemoen se sap en skil
  • 2 e brandewyn
  • 3 eiergele
  • ¼ t xantaangom
  • 2 fillodeeg velle
  • 1 e gesmelte botter

Metode

  1. Braai die ui in die botter in ʼn groot soppot tot gekaramelliseer. Voeg die knoffel by en braai vir nog 2 minute.
  2. Voeg al die hoenderstukke by en braai tot ligbruin.
  3. Voeg die water, wyn, lourierblare, naeltjies en sout en peper by, bedek en laat vir 30 minute oor matige hitte prut.
  4. Braai die sampioene apart in botter en plaas eenkant.
  5. Plaas die hoender op ’n bord, ontbeen en plaas terug in die pot.
  6. Voeg die suurlemoensap en -skil en die brandewyn by die hoender en laat vir nog 10 minute oor matige hitte prut.
  7. Voeg die sampioene by en laat weer vir 10 minute prut.
  8. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  9. Verlaag die hitte en verwyder die lourierblare en die naeltjies.
  10. Skep ʼn koppie van die sous af en plaas in ’n mengbak saam met die eiergele en xantaangom. Blits alles goed saam met ’n handvoedselverwerker. Voeg dit baie stadig by die hoender en roer aanhoudend, maar moenie die hoender te fyn maak nie.
  11. Skep die hoendervulsel in ’n oondbak.
  12. Smeer die gesmelte botter met ʼn kombuiskwas oor die fillovelle. Frommel die velle effens en plaas oor die hoendervulsel.
  13. Bak die pastei vir 20 minute tot die fillo goudbruin en bros is.
  14. Haal die pastei uit en laat vir l 0 minute rus voor bediening.

Bron: Armand kook kaal

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pensioenaris ·

Kan iemand my dalk se wat is xantaangom? En waar kry n mens dit?

Kiepie ·

Xantaangom is ‘n stabiliseerde/stolmiddel soortgelyk aan mielieblom (Maizena) maar meer gekonsentreerd. Jy kry dit bly spesialiteits bak-winkels en dalk by groter kettingwinkels in die bak-afdeling.

Petra ·

Waddehel is xantaangom.
Dink egter nie ek wil iets eet met dit in nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.