Soorte resepte:

[Resep] Biltongsop in ʼn broodrolletjie

Sjef Marius Hammond se biltongsop. Foto: Phillip Bruwer

Daar is geen beter trooskos om die winterkoue te verdryf as lekker sop nie; nóg beter en trots-Suid-Afrikaans is biltongsop; nóg beter – sit voor binne-in ʼn kraakvars broodrolletjie. Dié resep is van sjef Marius Hammond wat al jare lank die mae vol hou by Duck & Dine in Akasia in die noorde van Pretoria.

Bestanddele

  • 250 g botter
  • 1 t fyngedrukte knoffel
  • gedroogde pietersielie
  • +/- ½ k koekmeel
  • 1 liter melk
  • 250 ml vars room
  • sout en peper na smaak
  • +/- 250 ml biltongpoeier
  • 1 k gerasperde cheddarkaas

Metode

  1. Smelt die botter in ʼn kastrol en voeg knoffel en pietersielie by. Voeg die meel stadig by en roer gedurig met ʼn draadklopper om klonte te verhoed. Voeg die meel by totdat dit ʼn puree vorm.
  2. Voeg die melk bietjie vir bietjie by en roer teen ʼn goeie spoed tot die mengsel dik en romerig is. Voeg sout en peper na smaak by.
  3. Verlaag die hitte en hou aan roer vir sowat 10 minute. Maak seker daar is geen klonte in die mengsel nie. Voeg die room en biltong by en en maak deurwarm. Gooi kaas by en hou aan roer.
  4. Sny die bokant van ʼn kraakvars broodrolletjie oop, hol dit uit en skep die sop met ʼn lepel in die holte. Sit dadelik voor.

Bron: Marius Hammond, sjef by Duck & Dine

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Phillip ·

Dagsê Anya

Ons vra om verskoning vir die oorsig, die room word saam met die biltong en kaas bygevoeg. Die berig is gewysig.

Groete
Phillip Bruwer
nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.