Soorte resepte:

Resep: Biltongsop

biltong-sop

Foto: Liplekkerresepte.futureriverdesigns.com

Lewer 6 porsies.

Bestanddele:

  • 125 g botter
  • 180 ml koekmeel
  • 500 ml melk
  • 1,5 liter kookwater
  • 3 ml fyngemaalde neutmuskaat
  • 3 ml fyngemaalde koljander
  • 2 biefaftrekselblokkies
  • 5 ml gemaalde swartpeper
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • 250 g fyngesnyde (nie te droë) biltong
  • ‘n Skeut port
  • 30 ml room, plus room om af te rond
  • Gekrummelde bloukaas (opsioneel)

Metode:

  1. Smelt die botter in ‘n kastrol en voeg dan die meel by. Roer met ‘n draadklopper tot glad. Voeg die melk en kookwater by. Roer gedurig. Voeg da die neutmuskaat, koljander, aftrekselblokkies en peper by. Verhit tot kookpunt en haal dan van die stoof af.
  2. Roer die kaas en 200 g van die biltong by.
  3. Voeg ‘n skeut port en 30 ml room by net voor jy dit voorsit. Geur met sout na smaak. Voeg die res van die biltong in ‘n mengeren verwerk tot krummels.
  4. Skep die sop in ses bakkies en rond af met ‘n draaisel room en ‘n strooisel biltong. Gekrummeld bloukaas kan ook gebruik word. Sit voor met warm tuisgebakte brood.

Bron:

Die resep is oorspronklik gepubliseer in Leserskring Spogresepte wat saamgestel is deur Christelle Erasmus. Die resepteboek is uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewers se webwerf vir meer inligting oor die boek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Edna ·

Ek kannie copy & paste nie ek kan die resep nie druk nie – hoe nou???? Ek kannie met die rekenaar in die kombuis gaan werk nie – HELP!!!!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Edna

Klik gerus regs bo op die bladsy op die webblaaier (“browser”) se opsies-knoppie (op Chrome en Firefox is dit drie horisontale strepies en op Internet Explorer is dit ‘n ratjie (sirkelvormig)). Op daardie spyskaart sal die opsie “Print” wees.

Laat weet asseblief as jy nie regkom nie
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Willma Gerber ·

Ek sit met amper dieselfde problem. Ek kry egter die resep gedruk, maar wil dit nie graag doen nie, maar eerder “save”. Kan jy my asb. vertel hoe om dit te doen.
Baie dankie

Wiltrud ·

Hi! Ek het dit ook probeer print soos Sune verduidelik het, maar dit print oor `n hele 4 ble!!! Baie onnodige goed print ook, ek wil net graag die resep he… Sal dit maar uitdruk en oortik! En toe ek probeer ‘print screen’ word ek gedreig dat my “IP” adres “recorded” is! Julle laat voel my soos `n krimineel, ek het nog nooit `n probleem gehad nie en print selfs resepte vanaf Huisgenoot se webblad!

Sune van Heerden ·

Dagsê Wiltrud

Dankie vir jou kommentaar! Ai, ek is jammer dat die druk-funksie nie meer so maklik wil werk nie. Kan ek dalk voorstel dat jy eers ‘n skermskoot maak van die resep en dit dan probeer uitdruk? Ek hoop dit help dan!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Wiltrud ·

Dankie, Suné. Ek het dit gister probeer en dit is reeds toe dat ek gedreig is met “your IP Address will be recorded!” Toe ek dit nou weer probeer het, het dit wel gewerk. Dankie & groete!

Sune van Heerden ·

Dankie Wiltrud! Ons moes die aanpassings maak om seker te maak dat mense nie onbehoorlik ons inhoud spoeg-en-plak sonder krediet aan ons nie, en dan ly onskuldige lesers soos jy ongelukkig ook daaronder. Ek is bly dit werk nou!
Lekker bak en brou!
Groetnis
Suné

Piet Smith ·

Hoekom biltong so mors drink die Port eet die biltong en gaan soek iets by die wegneem eetplekke

HEVW ·

Neewat daar is so baie ander lekker sopresepte om te geniet. Sal maar liewer my biltong ( bees, springbok, eland ) neem en lekker in die sonnetjie met my skerp knipmes in rustigheid geniet.

gerhard ·

Ek wag al donkiejare vir ‘n biltongsop-resep. Ek het op ‘n kol iets soortgelyks in ‘n reistydskrif gesien, maar toe ek weer daarna soek kon ek die betrokke tydskrif nie opspoor nie. Hierdie keer maak ek die sop so gou as moontlik. Dit sal die komende winter draagliker maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.