Soorte resepte:

Resep: Blatjanghoender

Blatjanghoender. (Foto: Onthoukos)

Perfek vir Sondagmiddagete!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • ekstra CLOVER Mooi River-botter om mee te smeer
  • 8 tot 10 hoenderporsies
  • sout en peper na smaak
  • 50 g (1 pakkie) bruinuiesoppoeier
  • 250 ml (1 k) kookwater
  • 250 ml (1 k) blatjang
  • 250 ml (1 k) Clover Cream O’Naise

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smeer ’n oondvaste bak goed met botter.
  3. Geur die hoenderstukke met sout en peper. Pak die hoenderstukke in die bak.
  4. Meng die soppoeier en kookwater tot glad.
  5. Roer die blatjang en Cream O’Naise by die sop tot goed gemeng.
  6. Skep die mengsel oor die hoender. Bedek die bak met die deksel of met foelie.
  7. Bak vir een en ’n halfuur. Verwyder die deksel/foelie en laat verbruin onder die oondelement.
  8. Sit warm voor saam met rys.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

WIEBO ·

Sny dik uieringe en sit die onder in die bak en die hoenderstukke bo-op. Volg dan die resep hierbo. Ek maak dit gereeld en dis heerlik!!

Ekke ·

Ek ken gladnie Clover cream o’naise nie. Is dit mayonaise?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.