Soorte resepte:

Resep: Blindevinke

Argieffoto Foto: cupofsugarpinchofsalt.com

Argieffoto Foto: cupofsugarpinchofsalt.com

Porsies: 8
Voorbereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur

Bestanddele:
8 dun skyfies biefstuk (minute steaks)
15 ml aangemaakte Engelse mosterd
8 repe swoerdlose spek
15 ml olie
5 ml knoffel, gekneus
1 ui, gekap
15 ml biefekstrakpoeier
250 ml rooiwyn
250 ml water
1 x 85 g-pakkie bruin uiesoppoeier

Metode:
1. Smeer elke biefstuk aan een kant met mosterd en plaas ‘n repie spek daarop.
2. Rol elke biefstuk op en steek dit vas met ‘n peuselstokkie.
3. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en braai die blindevinke ongeveer 10 minute tot verbruin.
4. Voeg die knoffel en ui by en braai nog 2 minute.
5. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die soppoeier, by en laat ongeveer 45 minute prut, totdat die vleis sag is.
6. Maak die soppoeier aan met ‘n bietjie water en roer by die blindevinke.
7. Laat nog 3 minute prut tot die sous verdik.
8. Sit voor met kapokaartappels en ertjies.

Resep oorspronklik gepubliseer in Smul sonder sukkel
Prys: R73.21 (e-boek)*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.