Jy hoef vir geen besondere rugbyspan te skree om hierdie potjie te geniet nie, maar ons vermoed dit smaak beter as jy nie die Blou Bulle ondersteun nie …
(Uit: Eet saam, GKSA)
Lewer 10-12 porsies
Bestanddele:
- 3 uie, gekap
- 250 g sampioene, afgevee en in skyfies gesny
- olyfolie vir braai
- geurselsout
- 250 g spekvleis, gekap
- 250 g frankforter-wors, gekap
- 250 g kaasworsies, gekap
- 250 g skroefnoedels
- 1,5 liter kookwater
- 1 kg biltong in 1 cm-blokkies gesny
- 410 g (1 blik) pitmielies
- 3 soetrissies, gekap
- 250 g (625) ml gerasperde kaas
- 500 ml room
Metode:
- Braai die uie en die sampioene in olyfolie in ʼn potjie. Geur dit met geurselsout.
- Voeg die spekvleis by en braai 2 minute.
- Voeg die worsies by en braai 5 minute.
- Voeg die skroefnoedels en die kookwater by. Roer deur. Maak die pot toe en kook 20 minute.
- Voeg die biltong, pitmielies en soetrissies by.
- Sit die deksel op, prut 5 minute en roer dit deur. Sorg dat dit nie droogkook nie.
- Verwyder van hitte. Voeg die kaas en room by en laat 5 minute staan.
- Sit dit met mengelslaai
Bron: Lekker & Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa
Lyk maar na n trapsel. Is daar nie nog bestandele wat by gegooi kan word nie. Boonop nog vrek duur ook.
Kon hulle nie maar ‘n beter foto geneem hetnie? Lyk regtig nie aangenaam nie.
Kos lyk soos die span – sleg !!! sal dit beslis nie maak nie.
Stem saam lyk maar ‘n mismoedige spul. Google gerus “Toks vd Linde” se biltong pot. Hy het dit eenkeer vir Pasella die tv program gemaak. Dit is hoe ‘n biltong potjie moet wees. ;-)
Sjoe, dit lyk darem lekker!!! Saam met ‘n ou lekker krummel-pappie of stampmielies gaan dit vorentoe smaak. Mens kan tog sekerlik van die bestanddele vervang met ietsie anders – vir die mense wat dan nou so neus optrek vir dit????? Klem lê op vinnig en maklik!
Jy moet beslis ‘n miljoenêr wees om so ‘n konkoksie te maak met biltong prys van ongeveer R200/kg Nee wat!
Daai bord kos kos soos die Kings se kleure…..en net so onsmaaklik soos hulle spel…..ai tog
LYK soos meen ek….nou ek ook sommer deurmekaar