Soorte resepte:

Resep: Bobotie

Argieffoto

Argieffoto

Genoeg vir 6 – 8

Bestanddele:
75 g droë appelkose (125 ml) (½ k)
50 g pitlose rosyntjies (85 ml) (⅓ k)
75 g droë appelringe (187,5 ml)
water om in te wek
500 g maalvleis
1 dik sny brood
500 ml melk (2 k)
3 eiers
1 groot ui (gekap)
25 ml botter (2 e)
15 ml kerriepoeier (3 t)
30 ml suiker (6 t)
30 ml asyn (6 t)
10 ml sout (2 t)
2 ml swartpeper
3 lourierblare
gepelde amandels (amandels wat uitgedop is)

Metode:
Stap 1:

– Week appelkose, rosyntjies en appelringe in water tot uitgeswel. (Vir afwisseling kan dit in lemoensap in plaas van water geweek word).
– Week brood in 100 ml melk.
– Meng maalvleis en brood goed saam en plaas eenkant.
– Soteer uie in botter tot sag, voeg kerrieoeier by en roer vir nog ‘n minuut oor hitte.
– Voeg suiker, asyn, sout en peper by en meng.
– Dreineer vrugte en hou water.
– Kap vrugte en voeg by mengsel in pan.
– Meet 100 ml van water waarin vrugte geweek was, af en voeg by mengsel in pan.
– Prut vir ongeveer 5 minute of tot mengsel effens verdik.
– Klits orige 500 ml melk en eiers goed saam.

Stap 2:
– Verwyder van hitte en meng vrugtemengsel met maalvleis.
– Skep in vuurvaste oondskottel.
– Druk amandels en lourierblare halfpad in vleismengsel in en gooi melkmengsel oor.
– Bak in voorverhitte oond van 180 grade C vir ongeveer 45 – 50 minute of tot vlamengsel bo-op gestol en goudbruin is.
– Dien op.

Resep: Ina Steyn
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.