Soorte resepte:

Resep: Boeliebief-en-mielie-plaatkoekies

Boeliebief-en-mielie-plaatkoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie resep is maklik om te maak, met bestanddele wat reeds in jou koskas is!

Genoeg vir 6-8 mense

Bestanddele

  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 5 ml suiker
  • I eier, geklits
  • 200 ml melk
  • 25 ml gesmelte botter of kookolie
  • 125 ml suikermielies (sweet corn)
  • 125 ml boeliebief (corned beef), in blokkies gesny

Metode

  1. Sif die meel, bakpoeier, sout en suiker saam.
  2. Klits die eier, melk en botter of olie saam. Maak ʼn holte in die meelmengsel en voeg die vloeistofmengsel geleidelik by. Meng goed.
  3. Voeg nou die boeliebief en mielies by en meng liggies.
  4. Skep lepels vol van die deegmengsel in ʼn liggesmeerde warm pan. Draai die koekies om sodra daar lugblasies op die bokant vorm. Braai albei kante tot ligbruin en dien op met tamatie, blaarslaai en komkommer.

WENKE

  1. Vervang die boeliebief met wors of oorskietvleis.
  2. Vir die soettand, laat die boeliebief en mielies weg vir gewone plaatkoekies as nagereg. Sit warm voor met heuning, room, appelkooskonfyt of gouestroop.

Bron: Marilyn kuier en kook!

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tony Gould ·

Waar koop jy corned beef?
Ek kan “corned meat” kry maar glad nie “corned beef” nie.
“Corned meat” is ‘n verskriklikke ding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.